Doringboom

Pendoring     tuisblad toe oorsig toe blaai terug  Deutsche Fassung Français - Español - English Stuur vir ons 'n e-pos!     

Doringboom

www.suid-afrika.de

Internetskakels

Hier kry u die internetadresse van nog 'n paar webruimtes wat verdere inligting verskaf oor Suid-Afrika en Afrikaans.

Media

www.dieburger.com Die Burger. Die grootste dagblad in Suid-Afrika. Verskyn in Kaapstad.
www.beeld.com Beeld. Dagblad vir die Noorde. Verskyn in Johannesburg. 
www.volksblad.com Volksblad. Dagblad vir die Vrystaat. Verskyn in Bloemfontein.
www.republikein.com.na Republikein. Namibië se grootste dagblad.
www.roekeloos.co.za  Roekeloos. Die interaktiewe internet-koerant met die "ander " nuus. Verskyn elke Maandag.
www.rsg.co.za Radio Sonder Grense. Interaktiewe radiostasie met uitsaaiprogramme op die internet.

Organisasies

www.atkv.org.za Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging. Die ATKV met byna 100.000 lede lê hom aktief toe op die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur onder alle bevolkingsgroepe in Suid-Afrika deur 'n groot verskeidenheid projekte, kursusse en pryse. Gesetel in Randburg (Gauteng).
www.zuidafrikahuis.nl Suid-Afrika Huis. Historiese gragtehuis in Amsterdam, huisves die Suid-Afrikaanse Instituut (SAI), wat in1939 opgerig is om die studie van taal, kultuur en geskiedenis van Suid-Afrika te bevorder. Onderhou waarskynlik die grootste Afrikaanstalige biblioteek buite Afrika. Huisves ook die Nederlands Zuidafrikaanse Vereniging (NZAV) wat in 1881 gestig is om die kulturele betrekkinge tussen Nederland en Suid-Afrika te bevorder. Uitgewer van die Nederlandstalige maandblad Zuid-Afrika.
aie.ned.univie.ac.at/ Afrikaans in Europa. 'n Blad vir Afrikaanse bedrywighede in Europa met "alles en nog wat" rondom die tema Afrikaans. Hoofsaaklik in Afrikaans, maar met bydrae ook in Nederlands, Duits en Engels. Gesetel in Wenen (Oostenryk).

Kunstefeeste

www.kknk.co.za Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Suid-Afrika se grootste kunstefees vind plaas in April op Oudtshoorn (Wes-Kaap). Die klem lê op letterkunde, musiek, teater en kabaret. Hoofsaaklik Afrikaans, maar met bydraes in ander landstale asook uit Vlaandere en Nederland.
www.aardklop.co.za Aardklop Nasionale Kunstefees. Gestig in 1998 om "die Noordelike kunshonger te stil". Vind plaas in September / Oktober op Potchefstroom (Noord-Wes). Sluit alle genres in, soos klassieke en populêre musiek, teater, dans, kabaret, woordkuns, beeldende kunste. Oorwegend Afrikaans.

Toerisme

www.southafrica.net Satoer. Die Suid-Afrikaanse Toerismeburo in Frankfurt.
www.deutschland-tourismus.de Deutsche Zentrale für Tourismus (DZT). Die hoofkwartier van die Duitse Toerismeburo in Frankfurt.

boontoe  © Doringboom®. Laas bygewerk op 15-02-2019. Stuur vir ons 'n e-pos!

Impressum - Haftung - Datenschutz

reisdienstetaaldiensteons winkelpendoring