Doringboom

Oorsig     tuisblad toe   blaai om Deutsche Fassung Français - Español - English Stuur vir ons 'n e-pos!     

Doringboom

www.suid-afrika.de

U Afrikaanstalige skakel in Berlyn

Die doringboom is vir baie mense kenmerkend vir Afrika, want dit verleen 'n unieke stempel aan die Afrika-landskap van ons romantiese verbeelding. Doringboom is gesetel in Berlyn, Duitsland, maar het diep wortels in Suider-Afrika. Ons is Afrikaanstalige Duitsers en Duitstalige Suid-Afrikaners met baie jare se ondervinding op die gebiede van toerisme en volwasseneonderwys. Met kundigheid en geesdrif lê ons ons toe op Suider-Afrika met al sy fasette, die taal Afrikaans asook op die bevordering van bande tussen Suid-Afrika en Duitstalige Europa. U kan ook uit ons kennis en kontakte baat! Die volgende verskaf 'n kort oorsig oor ons webwerf se inhoud.springbok

Die springbok is 'n besonder sierlike wildsbok met 'n rooierige bruin rug wat deur 'n donker streep van die suiwer wit van die onderkant geskei word. Hy is 'n fluks bewegende dier wat die gewoonte het om liggies en onverwags in die lug te spring. Die springbok versinnebeeld ons inligting vir reisigers wat 'n sprong van Europa na Afrika maak of omgekeerd: reisroetes, keurig uitgesoekte gastehuise en hotelle, reiswenke e.s.m. Op ons Duitstalige bladsy vind u inligting oor Suid-Afrika as reisbestemming terwyl die Afrikaanse weergawe inligting oor Berlyn verskaf. tarentaal 

Die tarentaal, met 'n donkergrys, witgespikkelde veredos en 'n kop wat na 'n kalkoen s'n lyk, word in digte bosse van die Oos-Kaap af noordwaarts aangetref. Hy is 'n gesellige voël wat in troppe rondloop, 'n treffende sinnebeeld om ons taaldienste voor te stel. Op hierdie bladsy vertel ons graag 'n bietjie oor die ontstaan en ontwikkeling van die Afrikaanse taal. U kan hier ook inligting oor ons taalkursusse en vertaaldienste vind.

vlakvarkDie vlakvark is maklik uitkenbaar met sy growwe rughare en uitgroiesels op die gesig. Hy maak 'n baie besige indruk met sy stert wat penorent staan terwyl hy snuffel-snuffel rondhardloop op soek na kos. Loer gerus na hierdie bladsy om in ons Suid-Afrikaanse winkel rond te snuffel na boeke (nuut en tweedehands), laserskywe, lekkernye en aandenkings.pendoring

Die pendoring is 'n struikagtige boomsoort van die genus Maytenus met lang reguit dorings en blommetjies met 'n besonder skerp geur. Indien ons u belangstelling in Suid-Afrika of Afrikaans geprikkel het, vind u hier  'n hele klomp internet-skakels met verdere inligting oor hierdie temas. 

boontoe  © Doringboom®. Laas bygewerk op 25-05-2018. Stuur vir ons 'n e-pos!

Impressum - Haftung - Datenschutz

reisdienstetaaldiensteons winkelinternetskakels