
Die
Afrikaanse taal
Daar bestaan 'n taal in Suider-Afrika wat soos
geen ander taal die vermoë het om hierdie deel van die wêreld
te beskryf, wat die denkwyses van Afrika en Europa in hom
verenig en fier die kontinent van sy ontstaan in sy naam dra:
Afrikaans!
Die 6,5 miljoen mense wat Afrikaans as
moedertaal gebruik, word in groot getalle aangetref in
elkeen van Suid-Afrika se nege provinsies asook in Namibië.
Klein groepies Afrikaanssprekendes is ook te vinde in Botswana,
Zimbabwe, Zambië en ander lande ten noorde van die Limpopo.
Afrikaans is dus wyer oor Suider-Afrika versprei as enige ander
inheemse taal. 'n Verdere 12 miljoen mense gebruik dit as tweede
of derde taal, wat beteken dat Afrikaans, meer as Engels of Zulu, die
belangrikste omgangstaal in Suid-Afrika is.
Ons taaldienste
Wie van plan is om 'n besoek aan Suid-Afrika of
Namibië af te lê, sal dit nuttig vind om 'n bietjie Afrikaans
te leer. In die meeste toeriste-situasies is dit moontlik om met die eertydse koloniale taal Engels saaklik
oor die weg te kom. Maar iemand wat 'n inheemse taal gebruik, sal
in staat wees om nie net tot die mense se ore te spreek
nie, maar ook tot hulle harte!
Uit 'n taalkundige oogpunt is Afrikaans uiters
interessant. As die jongste Germaanse taal en enigste wat buite
Europa ontstaan het, het Afrikaans die vêrste gevorder op die
pad van grammatikale vereenvoudiging. Dit is 'n dinamiese
taalmedium met 'n groot uitdrukkingsvermoë wat spog met 'n hoog
ontwikkelde woordeskat, hoofsaaklik uit eie middele geskep.
Ken u iemand wat in Afrikaans belangstel en dit
graag wil aanleer? Lees meer oor Doringboom
se taalkursusse en vertaaldienste op die betrokke bladsye.
© Doringboom®. Laas bygewerk
op 25-05-2018.
Impressum
- Haftung - Datenschutz