
'n
Beknopte grammatika van die Afrikaanse taal
Die kenmerkende eienskap van
Afrikaans is sy buitengewoon eenvoudige grammatiese struktuur
wat dit vir die leerling baie maklik maak om die taal aan te
leer.
Anders as in die meeste Europese
tale is daar net een bepaalde lidwoord vir alle
selfstandige naamwoorde, nl. die, en die onbepaalde
lidwoord is altyd 'n:
die man,
die vrou,
die kind;
'n man,
'n
vrou,
'n kind (der Mann, die
Frau, das Kind; ein Mann, eine Frau, ein Kind).
Selfstandige naamwoorde
vorm hulle meervoud in die reël deur die toevoeging van -e
of -s: dorp - dorpe
(Dorf - Dörfer), winkel -
winkels (Laden -
Läden).
Sommige byvoeglike naamwoorde
(byvoorbeeld dié wat uit meer as een lettergreep bestaan) kry die
toevoegsel -e indien hulle voor 'n selfstandige naamwoord
te staan kom: verkeerd -
die
verkeerde pad (falsch - der falsche Weg). Die
trappe van vergelyking word gevorm met die uitgange -er
en -ste: klein -
kleiner - die kleinste
(klein -
kleiner - am kleinsten).
Die persoonlike voornaamwoorde
is soos volg:
|
|
Onderwerp |
Voorwerp |
Besitlik |
Enkelvoud |
1e persoon |
ek |
my |
my |
|
2e persoon informeel |
jy |
jou |
jou |
|
formeel |
u |
u |
u |
|
3e persoon manlik |
hy |
hom |
sy |
|
vroulik |
sy |
haar |
haar |
|
onsydig |
dit |
dit |
sy |
Meervoud |
1e persoon |
ons |
ons |
ons |
|
2e persoon |
julle |
julle |
julle |
|
3e persoon |
hulle |
hulle |
hulle |
Werkwoorde word nie verbuig nie, maar het
dieselfde vorm vir alle persone, enkelvoud en meervoud. Die
teenwoordige tyd is gelyk aan die grondvorm, die verlede tyd
word gevorm met het + ge- + grondvorm en
die toekomende tyd met sal + grondvorm: doen -
het gedoen - sal doen
(tut - tat/hat getan - wird tun). Wees
en hê is onreëlmatig: is
- was gewees - sal wees
(ist - war/ist gewesen -
wird sein), het - het gehad -
sal hê (hat
- hatte/hat gehabt - wird haben).
Besondere kenmerke
Opvallend in Afrikaans is die dubbele ontkenning.
Die algemene ontkenningswoord is nie, wat met die Duitse nicht
of die Nederlandse niet vergelyk kan word: ek verstaan
nie (ich verstehe nicht, ik versta niet). As
die ontkenning egter nie die laaste woord van die sin is nie, volg
'n tweede "eind-nie" aan die einde van die sin: ek verstaan nie
alles nie (ich
verstehe nicht alles "nicht").
© Doringboom®. Laas bygewerk
op 25-05-2018. 
Impressum
- Haftung - Datenschutz